Saturday 23 August 2014

Bly Glo

2014 was moontlik sover een van die moeilikse jare ooit vir ons.

Met alles wat oor ons pad gestap het die jaar staan ons steeds sterk. Ons het gelag en ons het baie gehuil, ons was moedeloos en ons het hoop gevind.

Ek is seker almal het al sulke seisoene in hul lewe ervaar. Ongeag hoe omstandighede ons in die grond wil druk moet ons altyd bly glo. Elke probleem is tydelik en elke situasie kan ons na terug kyk en verstaan hoekom dinge gebeur soos dit gebeur.

Ek glo vas dat alles gebeur vir 'n rede. Meeste situasies wat oor ons pad stap is deur 'n keuse wat ons iewers gemaak het en dit die gevolg daarvan was.

Deur alles moet ons altyd bly glo in God. Altyd bly vertrou dat die son more weer sal skyn. Vertrou op uitkoms en glo vir genesing.

Ek deel graag 'n gunstelling teksvers:

"Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand." Jesaja 41:10 

God sien ons raak, Hy hoor ons gebede, Hy antwoord op Sy tyd.

Vertrou en Glo!

Liefde

Maryna

4 comments:

Anonymous said...

Geloof, gebed en onderskraging van my gesin en vriende, is die dinge wat my deur alles dra. Die moeilikhede maak jou sterker, en hopenlik 'n bietjie wyser vir die toekoms, maar ek het ook gevind dit laat my met meer waardering vir wat ek het, en die tye wanneer alles net rustig aangaan.
Sterkte vir die res van die jaar, mag God's rykste seën die pad nou gelyk maak.

Unknown said...

Maryna, dankie dat jy altyd eerlik en opreg jou hart deel. My man bemoedig en vermaan my altyd met: "Hy laat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet."
Dit is die belofte vir die einde van 'n sleg en moeilike tyd. Mag julle steeds pret en vreugde saam ervaar in die klein dinge wat op die ou end die belangrike dinge is.

Maryna Moolman said...

Dankie vir die boodskappe Elize en Herculeen :)

nhuthuy said...

Thanks for sharing, nice post! Post really provice useful information!

An Thái Sơn chia sẻ trẻ sơ sinh nằm nôi điện có tốt không hay võng điện có tốt không và giải đáp cục điện đưa võng giá bao nhiêu cũng như mua máy đưa võng ở tphcm địa chỉ ở đâu uy tín.

Post a Comment