Monday 4 August 2014

Boek loer: Geheimenisse van die Natuur en die Wetenksap

Dit is geen geheim dat ons 'n voorliefde vir Wetenskap het nie. Die wêreld is so ongelooflik en daar is so baie om te ontdek.


Die boek Geheimenisse van die Natuur en die Wetenskap uitgegee deur Protea is 'n ongelooflike boek. Die fotos is uit die boonste rakke, kleurvol en propvol inligting. Op elke bladsy kan jy ook verder gaan soek by die internetskakels vir verdere inligting, videos en nog veel meer.

Die boek bestaan uit twee dele: Geheimenisse van die natuur en Geheimenisse van die Wetenskap.
Onder die natuur kan jy vind: Voeding; Beweging; Aanval; Verdediging; Verhoudings; Kommunikasie; Lewensloop; Tuistes; Uiterstes; Sintuie en spesial kenmerke.
Onder die wetenskap kan jy vind: Van nader gesien; Maar dis mos materie; Reg en weg; Bewegende molekules; Briljante vonke; Sien die lig; Tegnologiese praatjies en Beheerliggaam.

Die boek is 'n stewige 224 bladsye.

Sien hieronder 'n paar voobeelde uit die boek.


Vleisvretendeplante
Hier kan jy 'n video sien hoe die vlieëvanger sy prooi vang.


Glip en gly
Hierdie video wys vir ons hoe geitjies aan 'n muur kan 'vas plak'.



Goggas


Piepklein Pioniers
In die video hieronder kan meer sien oor die Afrika besie.



Robotte

Die Robotte kom!
In die video hieronder is 'n voorstelling van hoe robotbye tot die mensdom se redding sal kom.


Van die videos wat ek hierbo gewys het en nog baie meer kan alles gevind word by die skakels in die boek. 

Ons lees gereeld uit die boek en kyk na al die videos en verken die onderwerpe. Werklik een van ons gunsteling boeke.

Geniet dit!

Groete

Maryna

0 comments:

Post a Comment