Friday 22 August 2014

Hoe gemaak met Engelse Spelling?

Vir ons Engelse kurrikulum gebruik ons LLATL (Learning Language Arts through Literature). Ek en die kinders is mal oor die kurrikulum.

Spelling is 'n bietjie lig in die broek met LLATL. Dit is slegs ons persoonlike ondervinding en ek weet baie ouers verskil van my.  Die kinders is in 'n fase waar hulle skryfstukke moet doen, maar kan nie eens behoorlik spel nie. Met die gevolg skryf kan 'n traumatiese ervaring wees.

Ek het gesoek en rond gevra, na voorbeelde gekyk en nog meer. Ek moes iets vind wat die kinders geniet om te doen, wat nie vervelig is nie, waar hulle werklik leer hoe om te spel en dit moet natuurlik bekostigbaar wees.

Ek het verskeie kere gelees van Sequential Spelling. Ek het na die voorbeelde gekyk en die e-boek van die eerste boek in die reeks gekoop .



Ek is werklik baie aangenaam verras. Die kinders is mal daaroor, hulle vra elke keer om nog woorde te doen of as die dag begin wil hul die graagste spelling doen. Ek moet eerlik sê is nie aldag dat sulke goed gebeur nie. :)

Hoe ons die program volg:
Die kinders het elk 'n hardeband boek waarin hulle skryf. Heel bo aan elke bladsy skryf hulle Day 1, Day 2 ens. Slegs 1 dag per bladsy - al is dit net 'n paar woorde. Die eerste paar dae het 'n paar woorde, van dag ses is dit 20 woorde en later beweeg dit aan na 25 woorde per dag.
Ek sê vir hul die woord, ek gee 'n sin vir die woord en herhaal die woord. Sonder dat hul ooit die woord gesien het skryf hul die woord soos hulle dink dit gespel word. 
Ek skryf dan die hoof woord waaruit gebou word soos bv 'in' op die witbord neer in groen en dan die ander letters in blou of rooi. 
As hulle woord verkeerd is, vee hulle dit uit en skryf die regte woord neer. As hul woord reg was, maak hulle 'n regmerkie langs die woord.
Dan beweeg ons aan na die volgende woord. Elke woord word eers geskryf en dan wys ek en hul maak reg en dan eers bewees ons aan.
Die hele doel is dat hulle dit dadelik reg maak en dadelik die regte spelling daarvoor sien en skryf.
Moet nie dat hulle die hele lys skryf en dan eers reg maak nie, hulle gaan nie so leer nie.

Hier is 'n voorbeeld van die eerste paar dae.

Om meer te verduidelik:
Hulle begin by die woord 'in'. Dan is 'in' die basis van alle woorde wat volg, 'pin', 'sin', 'spin' ensovoorts. Die woorde word in groepe aangebied.

Ons het vandag dag 6 gedoen en albei my totale Afrikaanse kinders het 'beginnings' geskryf sonder om 'n fout te maak. Ja, dit is hoe goed die program werk. Om die waarheid te sê is ek skoon uit die veld geslaan oor hoe vinning hulle in 'n kort tyd vorder. Die wonderlikste vir my is dat hulle dit so baie geniet. 

Die kinders leer ook die homofone van woorde wat dieselfde klink maar anders geskryf word. As so 'n woord voorkom, verduidelik ek wat dit is en wys vir hulle hoe dit gespel word.

Almal onthou seker hoe ons spelling geleer het op skool, skryf die woord x keer uit, maar 'n sin met dit. Vrydag skryf jy toets. *Gaap* Nie met die program nie.

Doen gerus die eerste paar dae wat jy gratis as voorbeeld kan aflaai. Almal moet by boek 1 begin maak nie saak hoe goed hul al kan spel nie.

Indien jul dit gaan aanpak, laat weet my hoe dit gaan.

Groete

Maryna

0 comments:

Post a Comment