Saturday 4 January 2014

Boek loer: Die Goue Reeks Leesboeke

Ek het my kinders leer lees met Die Goue Reeks leesboeke, uitgegee deur Nasou - Viaafrika. Die wat dit nie ken nie, die boeke gaan oor Boet en sy sussie Saartjie. Daar is natuurlik ma, pa, kleinsus, die hond, 'n kat, maats en nog meer.



Die boeke is wonderlike vir kinders wat nou begin lees of vir remediering. Met elke boek kom daar meer en moeiliker woorde by. Agter in elke boek is daar 'n 'woordeboek' lys. Die lysie is in blokkies wat die prent en die woord wys. Daar is ook 'n klanklys en nuwe woorde wat in daai spesifiek boek voorgekom het.



Die hele reeks bestaan uit 26 boeke en word opgedeel in 8 vlakke. Die eerste boek in elke vlak is volkleur waar die aanvullende boeke slegs swart en wit is. Dit is krities belangrik dat die aanvullende boeke ook bygekoop word en nie net die eerste boek van elke vlak nie.

Saam met elke vlak is daar ook 'n werkboek. Sien in die foto hieronder een voorbeeld (die laaste blokkie). Die doel van die werkboeke is dat die kind visueel bekend raak met die sinne en prente, paswerk en woordherkenning.



Die reeks bestaan uit die volgende:
Vlak Een: Boek Een: Boet en Saartjie
                Werkboek Een A
                Werkboek Een B
                Aanvullende Boek: Dwergie

Vlak Twee: Boek Twee: Ons speel lekker saam
                  Werkboek Twee
                  Aanvullende Boek: Hanswors

Vlak Drie: Boek Drie: Die Sewe Maats
                 (Geen werkboek)
                Aanvullende Boek: Die Rooi Bal
                Aanvullende Boek: Geel Trein en Blou Trein

Vlak Vier: Boek Vier: 'n Dag op Skool
                Werkboek Vier
                 Aanvullende Boek: Pottie Potlood
                 Aanvullende Boek: Hannie Haar

Vlak Vyf: Boek Vyf: Seestories
               Aanvullende Boek: Vader Son
               Aanvullende Boek:  Vissie - Duikboot
               Aanvullende Boek: Jannie huil
               Werkboek Vyf

Vlak Ses: Boek Ses: Plaasstories
               Werkboek Ses
               Aanvullende Boek: Die Hen en die Jakkals 
               - Die Grondboontjie
               Aanvullende Boek: Die Stout Lam
               Aanvullende Boek: Eendjie Eend

Vlak Sewe: Boek Sewe: Die Nuwe Huis
                   Werkboek Sewe
                   Aanvullende Boek: Die Verjaarsdagpresent
                   Aanvullende Boek: Die Tweede Venster
                   Aanvullende Boek: Sannie die Sandkorrel

Vlak Agt: Boek Agt: Wildtuin en Ander Stories
               Werkboek Agt
               Aanvullende Boek: Toe Oom Langnek Siek Was
               Aanvullende Boek: Gelukkig Giel
               Aanvullende Boek: Manie Maan

My kinders geniet dit om uit die boeke te lees. Dit is eenvoudig uiteengesit en goed geskryf. Ek sal die reeks vir enige persoon aanbeveel. Die boeke is nie net vir begin lesers nie, maar ook vir die wat bietjie ekstra hulp nodig het.

Jy kan die boeke aankoop deur Graffitiboeke. Kyk onder die leermiddels en begin dan by Graad 1 soek, of tik slegs die naam Goue Reeks in die soek funksie.

Lekker lees en geniet dit.

Groete

Maryna

6 comments:

Unknown said...

Hi waar kan ek van die goue reeks leesboekies bestel of kry? Eks van windhoek namibia en wil baie graag van dit bestel vir my seuntjie januarie graad 1 begin.

Baie dankie

Maryna Moolman said...

Jy kan dit deur Grafittiboeke koop. Hulle het n aanlyn winkel en pos na Namibia. Kyk onder leermiddels en begin kyk by gr1 en beweeg so aan.

Tasmin said...

Hi Maryna,

Ek het ook hierdie stel boekies. Wat het jy gedoen met die feit dat hulle die verouderde "Moeder" en "Vader" gebruik in plaas van "Mamma" en "Pappa"?

En wat het jy gebruik om fonetiese alfabet te leer?

Baie dankie!

Maryna Moolman said...

Hallo Tasmin, dankie vir die inloer.

Oor die Vader en Moeder, my kinders het dit altyd so in die boeke gelees en maar net gepraat van Mamma en Pappa. Ek het dit nooit verander nie aangesien Moeder tog maar 'n sinoniem vir Mamma/Ma is.

Ek het baie jare terug my eie alfabet plakaat gemaak met die letters en so het hulle die alfabet geleer met die fonetiese klanke. Ek het hulle leer spel en sigwoorde deur woorde te klank in fonetiese klanke, so basies presies soos 'n mens dit sou uitspreek. Ons het eers later later begin met die uitspraak van a (aa), b (bee), c (see) soos ons grootmense mos maar spel :)

Letter kaartjies is altyd 'n wenner. Die kinders leer deur te sien, voel en doen en so onthou hulle beter. Kyk op my blog vir die letterkaartjies wat jy kan aflaai, kyk ook gerus na die plasing Klank vaslegging met flitskaarte. Ek sal ook hoogs die boek Maak spelling maklik aanbeveel. Ek het ook 'n plasing daaroor geskryf. Die boek gee vir jou baie praktiese maniere hoe om kinders met spelling te help ens.

Ek glo as die kinders eers hulle alfabet ken kan hulle sommer maklik weg spring en kort woorde leer spel. Dit is belangrik om dit prettig te maak, bladsye vol invul werksblaaie lyk altyd oulik maar soms is daar nie genoeg herhaling nie en dan vergeet die kinders.

Jy kan ook altyd na die rekenaar Dina Dinosaur kyk. Is 'n speletjie, maar het ook bladsye wat jy moet uitdruk. Alle jong kinders is versot op Dina, hulle besef nie eens hulle leer nie.

Hoop dit help.

Groete

Maryna

Unknown said...

Goeie dag.
Watter vlakke is geskik vir graad 1?

Maryna Moolman said...

Hallo. Dit is ja. My kinders het ook met hul leer lees.

Post a Comment