Dit is geen geheim dat ons 'n voorliefde vir Wetenskap het nie. Die wêreld is so ongelooflik en daar is so baie om te ontdek.
Die boek Geheimenisse van die Natuur en die Wetenskap uitgegee deur Protea is 'n ongelooflike boek. Die fotos is uit die boonste rakke, kleurvol en propvol inligting. Op elke bladsy kan jy ook verder gaan soek by die internetskakels vir verdere inligting, videos en nog veel meer. Die boek bestaan uit twee dele: Geheimenisse van die natuur en Geheimenisse van die Wetenskap. Onder die natuur kan jy vind: Voeding; Beweging; Aanval; Verdediging; Verhoudings; Kommunikasie; Lewensloop; Tuistes; Uiterstes; Sintuie en spesial kenmerke. Onder die wetenskap kan jy vind: Van nader gesien; Maar dis mos materie; Reg en weg; Bewegende molekules; Briljante vonke; Sien die lig; Tegnologiese praatjies en Beheerliggaam. Die boek is 'n stewige 224 bladsye. Sien hieronder 'n paar voobeelde uit die boek.
Vleisvretendeplante
Hier kan jy 'n video sien hoe die vlieëvanger sy prooi vang.
Hierdie video wys vir ons hoe geitjies aan 'n muur kan 'vas plak'.
Goggas
Piepklein Pioniers
In die video hieronder kan meer sien oor die Afrika besie.
Robotte
Die Robotte kom!
In die video hieronder is 'n voorstelling van hoe robotbye tot die mensdom se redding sal kom.
Van die videos wat ek hierbo gewys het en nog baie meer kan alles gevind word by die skakels in die boek. Ons lees gereeld uit die boek en kyk na al die videos en verken die onderwerpe. Werklik een van ons gunsteling boeke. Geniet dit! Groete Maryna
Dit het ons 'n geruime tyd geneem om die perfekte Wetenskap Kurrikulum/boek te vind. Hierdie jaar het ons begin met die boek Science in the Beginning deur Dr Jay Wile. Wat 'n absolute wonderlike boek! Soos jy sal merk in die titel van die boek Science in the Beginning
is die boek uiteengesit volgens die skeppings dae. Dit begin by dag een van die skepping en beweeg dan deur tot dag ses. Met elke les is daar 'n praktiese ekspriment wat gedoen word, daarna is daar vrae wat die kinders kan antwoord en 'n skrywe of tekening wat hul doen. In die boek word aanbeveel dat die kinders alles in 'n joernaal doen. Ons het net 'n gewone hardeband boek gebruik hiervoor. Saam met die teksboek is daar ook 'n ouerhulpboek.
Leer van lig
Die boek is maklik uiteengesit. Enige ouer kan dit verstaan en geen graad is nodig om Wetenskap vir die kinders te leer nie. Baie ouers het 'n vrees vir Wetenskap of hou glad nie daarvan nie. Met hierdie boek is alles stap vir stap verduidelik. Alles wat jy en die kinders moet weet en ook alles wat benodig word, word gelys. Daar is geen spesiale items wat benodig word vir die eksprimente nie, net basiese goed wat reeds in jul huis sal wees. Daar is 'n handjievol ander items wat jy benodig.
Leer van kleure en lig
Voor ons die boek gekoop het, het ons eers die voorbeelde afgelaai en deur dit gewerk. Jy kan dit hier aflaai
van die uitgewer se blad. Van die eerste oomblik wat die kinders met die boek begin het was hulle mal daaroor. Dit is prettig en maklik om te verstaan. Hul wil net aangaan met die volgende les sodra een klaar is. Diegene in Suid Afrika kan die boek aankoop deur Oikos Ministries. Die boek is deel van 'n reeks waarvan die eerste twee reeds beskikbaar is. Ons doen slegs die eerste boek in die reeks. Verskillende grade en ouderdomme kan saam die lesse doen.
Wat die lig is.
Hoe ons kleure sien.
Hoe ons die boek gebruik: Ons maak alle benodighede bymekaar vir die ekspriment. Ons doen die ekspriment. Ek lees dan vir hul die les. Alhoewel dit in Engels is, verstaan die kinders wel maar ek verduidelik ook in Afrikaans. Daarna sal die kinders die vrae antwoord oor die les, ietsie skryf in hul joernaal en 'n prentjie daaroor teken.
Hier is 'n paar videos van eksprimente wat Dr. Wile gedoen het.
Lig
Wind
Wolk formasie
Hier is 'n goeie artikel om te lees Dr Jay's Top 10 Homeschool Science Tips. Ons is werklik baie beindruk met die boek en ek sal dit hoogs vir almal aangeveel. Groete Maryna
Eers wil ek verskoning vra dat hier niks nuuts is nie. Die lewe het ons bietjie rond geskommel en ons is nog nie op ons voete nie.
Ons was baie gelukkig om vir die laaste bietjie meer as drie jaar in 'n pragtige huis te woon. Ongelukkig het die lewe so gedraai dat die eienaar sy stryd teen kanker verloor het. Met die gevolg het sy bejaarde vrou nie kans gesien om nog enige huis te hou nie, dus word die huis verkoop. Met 'n swaar hart moes ons ander heenkome begin soek. Ons het 'n plek vir ons voet gevind in Winkelspruit (Amanzimtoti). Die noodlot het dit so gelaat dat die huisie meer as die helte kleiner is as waar ons nog huidiglik woon. Met dit beteken dat ons glad nie meer 'n skoolkamer gaan hê, geen studeerkamer/studio vir my en en en... Die kinders gaan nou 'n kamer moet deel en ek is nogsteeds nie seker waar die kinders gaan 'werk' nie aangesien daar ook nie 'n eetkamer is nie. In die proses is ons besig om kaste te bou aangesien daar niks is, heinings reg te maak - die vorige huurders daar eenvoudig net nie omgegee het. Ek kan mos nie dat my honde die straat invaar nie. Ons is hard besig om te pak en trek die einde Mei na ons nuwe huur woning.
Alhoewel ons hartseer voel om van 'ons' pragtige woning afskeid te moet neem, bly ons altyd dankbaar dat ons 'n heenkome het, dat ons mekaar het, liefde het en natuurlik die belangrikste God het. Ek sal dus eers weer later in Junie maand begin plasings maak. Groete Maryna
Die oorsprong van alle kommunikasie is ongelooflik fasineerend. Lees hier meer oor Wigskrif Nog 'n oulike blad oor hoe skrif ontstaan het.
Hier (soos die prentjie hierbo) is 'n oulike kort les om vir jou te verduidelik hoe om jou naam in 'coutouche' te skryf, hoe die klanke werk en om dit 'n kuns projek te maak. Hier is nog 'n oulike blad oor die skrif en 'n aanlyn tikmasjien om jou naam te tik en uit te druk. Kyk ondertoe op die skakel vir die 'tikmasjien' Hier is my naam op die 'tikmasjien' gedoen.
Die groot probleem wat ek wel ondervind het in my soektog en vergelykings met die skrif het ek 'n paar alfabette ontdek wat van die letters nie ooreenstem nie. Dus kan ek nie met versekering uitwys watter een is korrek en watter een nie. Ek vind dit besonders frustreerend.
Ons moet maar gebruik wat ons kon vind en het die tikmasjien soos bo genoem gebruik vir die kinders om hulle name in Hierogliewe te skryf. Hulle het olie pastelle gebruik op suiker papier.
Matthew se naam
Makayla se naam
'n Fantastiese dokumentere film oor die geheim en ontdekking van die Rosetta Stone en Hierogliewe. Hoe hulle dit ontleed het en nog meer. Hierdie dokumenter is in 'n bindende storie formaat. Die videos is lank maar dit is werklik die moeite werd om te kyk. My kinders was gebind en wou net nog kyk. Die eerste video wys die ontdekking van die Rosetta Stone. Ek stel voor dat jy die videos in die volgorde kyk maar kan apart ook gesien word. Die stories handel oor dieselfde kern persone wat die ontdekkings en ontledings gedoen het.
Die tweede video wys hoe hulle die Hierogliewe ontleed kon kry in 'n alfabet.
Ons kon die bogenoemde DVD by ons plaaslike Biblioteek kry. Ek het dit egter daarna op Youtube ook opgespoor. Kyk dit beslis. Lekker leer. Groete Maryna
Ek het 'n basiese beplanner saamgestel vir die wat daarvan hou om hul dae en weke te beplan. Dit bestaan uit die volgende: 2014 Kalender (vakansie dae het sirkels om) Kurrikulum Beplanning - Hierdie kan jy gebruik om jou koste beraming te doen wat jy vir daai betrokke jaar gaan aankoop en deur wie. Kurrikulum Besonderhede - Hierdie is 'n meer indiepte kyk na wat jou kurrikulum of boek behels en wat jy ekstra benodig om dit te kan volg. Lees Register - Wat die kind alles gelees het word daarop geskryf. Weeklikse Les Beplanning - 'n Kort opsomming van die basiese oorsig hoe jou week gaan lyk. Daaglikse Les Plan - Hierop kan jy in meer besonderhede jou daaglikse plan skryf vir die vakke. Eenheid studie beplanning - Net 'n basiese blad wat vir jou 'n vinnige opsomming kan gee van wat jy beplan en wat jy benodig. Hier onder kan jy 'n voorbeeld van 'n paar bladsye van die beplanner sien.
Ek het gou 'n paar voorbeelde gemaak om vir julle te wys hoe dit ingevul kan word. Druk soveel van een bladsy uit soos jy benodig. Die Kurrikulum Beplanning bladsy gebruik jy om jou lys uiteen te sit van al die boeke en toerusting wat jy benodig en waar jy dit aankoop. Hierdie lys help jou om rekord te hou van alle uitgawes wat jy aangaan ten opsigte van Tuisonderwys.
Kurrikulum Koste beraming en vir rekord doeleindes
Die bladsy Kurrikulum Besonderhede is daar om vir jou 'n meer indiepte kyk te gee wat in jou kurrikulum of boeke is. Dit moet per vak ingevul word. Jy kan ook daarop aanbring watter ekstra goedere jy benodig om jou program suksesvol te gebruik.
Kurrikulum Besonderhede meer in detail
Die Weeklikse Les Beplannings bladsy is 'n basiese kort opgesomde blad van jou week. Skryf net die kern bladsye en les nommer ens neer.
Weeklikse oorsig van jou beplanning
Die Daaglikse Les Plan bladsy kan jy meer besonderhede per vak gee wat presies jul op daardie dag gaan doen.
Daaglikse les planne volledig uiteengesit
Die Eenheid Studie Beplannings blad gee vir jou 'n basiese raamwerk om 'n eenheidstudie te beplan. Wat jou doel daarmee is en die boeke of bronne wat jy wil gebruik.
Eenheid studie beplanning
Ek stel voor dat beplanning nie gedoen word vir 'n spesifieke datum nie, dit los ruimte indien iets sou voorval en jul nie daai betrokke dag nie kan werk. Indien jul net 'n los daaglikse plan wil maak, los dan die week plan. Doen slegs per dag en skryf ook nie week nommer op nie. Indien iets sou voorval skuif jy net die dag plan een dag aan :)
Ek hoop dat hierdie bladsye julle sal help en dat julle dit nuttig sal vind. Laat weet my gerus wat julle hiervan dink. Groete Maryna
Ek is 'n Tuisonderwys ma van twee pragtige kinders. Ons woon in Amanzimtoti - KwaZulu Natal. Ek is ook 'n vryskutskrywer, vertaler en kunstenaar. Indien jy met my wil kontak maak stuur gerus vir my 'n e-pos na moolmanmaryna@gmail.com.