Friday 11 September 2015

Nuwe Wiskunde program?

Ek sou nooit in my lewe dink dat ek ons huidige en wonderlike Math U See program eenkant gaan skuif.

Ja ons maak klaar die jaar met MUS en gaan volgende jaar Teaching Textbooks 'n kans gee.

Maar hoekom op des aarde wonder julle seker aangesien ek net met lof van MUS praat?

Tyd! Dit het alles te doen met tyd. Alhoewel MUS fantasties is en ek dit vir enige een sal aanbeveel en my kinders baie goed doen, draai hulle stokkies. Ja regtig! Ons kyk ons les op die DVD, ek kyk altyd saam. Hulle doen dan elke dag 2 dele (4 bladsye) van die oefeninge. MAAR hulle babbel, speel met die hond ens. Nee ek is nie so streng nie, maar soms gaan tot 2 ure verby en dan is hul eers klaar. Dit beteken vir my daar is minder tyd vir ander goed. Ons kan nie elke dag so lank spandeer op net een vak nie. 


Teaching Textbooks werk op die rekenaar. En ja ek het nooit gedink ek sou die roete gaan nie. Die kinders kyk die les, die ou verduidelik baie goed en ook stap vir stap. Tussenin kry hul 'n kans om te 'antwoord' en dan daarna begin 'n paar oefeninge en dan die amptelike werk. Die rekenaar program merk alles. As hul iets verkeerd het, het hul die opsie om te kyk na die oplossing. Dit wys nie net die regte antwoord nie, maar hy verduidelik presies hoe om by dit uit te kom. Op die ouer se profiel kan sy ingaan en kyk wat het die kind alles gedoen, wat het hy verkeerd, het hy na oplossings gekyk ens.

Daar is ook 'n werkboek wat basies presies dieselfde is as op die rekenaar, dus het kinders nog die opsies om dit te gebruik maar is nie 'n moet. In die program word die som gevra en die finale antwoord moet ingetik word, dus moet die som tog uitgewerk word of in die werkboek of op 'n stukkie weggooi papier.

Ek het baie kommentaar gelees oor die program, baie is nie so beïndruk (en baie was van mense wat dit nie eens gebruik het nie - aai aai) en baie is mal daaroor. Ek moet sê almal hier in SA wat dit gebruik is hoogs gelukkig en dit maak my hart gelukkig.

Ons gaan dit 'n kans gee volgende jaar en kyk hoe dit gaan. As dit nie goed werk gaan ons terug na MUS.

Daar is oulike voorbeelde (demo) wat jy kan doen om te sien hoe dit werk op hul webblad. Ek sê altyd 'try before you buy'. As iets nie 'n voorbeeld het nie koop ek dit nie. TT begin eers van Graad 3 af.

Dit is nie 'n goedkoop program nie, veral as jy dit van oorsee bestel. Ek het egter 'n tweedehandse kopie gekoop. 

Ek sal julle volgende jaar op hoogte hou van ons amptelike ondervinding met die program.

Groete

Maryna
 

2 comments:

Unknown said...

Ek sit nou juis en tob oor dieselfde ding. Math U See vs Teaching Textbooks. Ek stel belang om verder te hoor wat jou opinie is oor die spirale metode.

Maryna Moolman said...

Hallo Ursula,
Ek wil glad nie mense beinvloed met hoe ek oor dinge voel nie. Albei is oulike programme.
Wat ek nie baie van spiraal hou nie, en ek het dit baie jare terug gesien toe ons Prac Math ook gedoen het dat daar word aan so baie konsepte in 'n jaar geraak dat kinders maklik kan vergeet. Wel myne kan nogals. As daar genoeg oefeninge is van nuwe konsepte en genoeg hersiening is dit nie 'n probleem. Maar ek vind met van die programme is daar net nie.
Met MUS wat 'n 'Mastery' program is, vat hul 'n konsep en oefen en oefen tot die kinders dit behoorlik onder die knie het. Daar is oor as genoeg hersiening ook.
Dit is maar net my opinie.

Post a Comment