Friday 5 December 2014

Die sportwêreld op ys

Wat 'n ongelooflike jaar in yshokkie en figuurskaats was dit nie vir die kinders nie. 

Die jaar het ook natuurlik afgeskop met hulle voete 'natmaak' in die yshokkie wêreld.


Makayla wat natuulik ook 'n figuurskaatser is, was eers baie versigtig en het nie gedink sy sal van die sport hou nie. Nou kan sy nie wag om te gaan nie en sê sy sal nie kan besluit tussen die twee nie. Sy het self haar eerste 'first star' (en 'n beker) gewen. Die eerste ster in yshokkie beteken beste speler van die wenspan. Sy was in die wolke en kon dit amper nie glo nie. Sy speel vinnig en hard en doen haar beste.





Makayla en haar duet maat Kathleen (ook 'n Tuisonderwys kind) het tweede plek verwerf in die 2014 Seal Junior Figure Skating Kompetisie.




Matthew is yshokkie mal. Hy wil bitter graag dit ook eendag as loopbaan doen (onder ander). Hy speel baie hard en aggresief (op 'n mooi manier). Hy is aangewys by die jaar se Prysuitdeling as die speler wat die beste gevorder het saam met 'n ander seun (die beker is tans by die ander seun se huis). Matthew het ook sy eerste 'first star' (met 'n medalje) gekry en twee keer 'second star' wat die beste speler vir die verloorspan is. Met die prysuitdeling het hy ook 'n spesiale geskenk gekry, sy eerste hokkie pit (hockey puck). Hy is in die wolke gewees.

Matthew het einde Oktober finaal sy figuurskaatse opgehang en besluit om slegs op yshokkie te konsentreer.



Yshokkie is nie net 'n vinnig sport nie, dit is fantasties vir fisiese oefening - glo my hulle sweet behoorlik. Die sport bou ook hulle selfvertroue op. Matthew is 'n totale ander kind as wat hy 'n jaar terug was. Hy was skaam en teruggetrokke, nou is hy 'n grapjas en praat en meng met almal.




As jy jou kind aan die gang wil kry en deel maak van 'n lekker 'familie' laat hul ten minste net die sport uitprobeer. Ek self is ook van plan om nog te probeer - moet natuurlik eers leer skaats (haha)

Groete

Maryna


2 comments:

Anonymous said...

Ons moet miskien maar saam ysskaats lesse neem! Dit is die een plek, behalwe vir fietsry, waar ek nie my balans kan hou nie. Die kinders lyk so goed - gelukkig en ontspanne. Sport bring definitief selfvertroue uit. Bly dit gaan so goed met hulle sport.

Maryna Moolman said...

Dankie.

Post a Comment