Friday 5 December 2014

Lake Eland Wildreservaat

In Augustus maand het ons as 'n verassing vir my man vir sy verjaarsdag na Lake Eland Wildreservaat gegaan en die nag daar oorgebly.

Hierdie plek moet op jou lys van plekke om te besoek in SA wees. Ongelooflik mooi. Jy is tussen die berge met die natuur letterlik op jou voorstoep. Die reservaat is nie baie groot nie, maar ongelooflik. Om die diere van nader te bekyk kan jy of in een van die begeleide voertuie gaan (teen 'n fooi), met jou fiets ry, stap, met jou eie voertuig of self op die perde.

Lake Eland Wildreservaat is net duskant Port Shepstone en ongeveer 92km van Amanzimtoti (waar ons woon). Dag besoekers kan 'n happie by die restaurant neem, die diere bekyk, jy kan daar trou en natuurlik die absolute hoogtepunt is die 'suspension bridge'. Jy kan ook die honderede trappe aandurf en afstap na die grotte toe. O ja en moet nie vergeet van die langste/hoogste 'zipline' nie, knyp die helfte van die dag af vir dit.(Ons het nie die keer op die zipline gegaan nie maar sal beslis volgende keer)


Al die huisies is teen 'n dam met jou stoep waar oor die water hang. Dit is werklik prentjie mooi. Van jou stoep aan die oorkant kan jy die diere sien rondstap. Die foto van die Kameelperd hierbo is een van die baie fotos wat ek geneem het van my stoel af by my huisie.

Daar is ook 'n kampeerarea vir diegene wat tent wil opslaan en visvang.

Besoek beslis die wildreservaat, dit is ongelooflik.

Groete

Maryna

2 comments:

Unknown said...

Het julle met die hangbrung langs gestap?! O gonna nee, gee my eerder die honderde trappe! Ons sal hierdie plek op ons toekoms-lysie sit.

Maryna Moolman said...

Ons het daar gestap ja. Die eerste keer was die ergste, ek was doodbang die planke breek onder my, alhoewel daar baie versterkings is. Maar ons het weer daarna gegaan en die dag daarna ook. Dit is beslis die moeite werd. Is een van daai 'emmer skop' lysie dinge hehe

Post a Comment