Tuesday 8 April 2014

Tuisonderwys Beplanner

Ek het 'n basiese beplanner saamgestel vir die wat daarvan hou om hul dae en weke te beplan.

Dit bestaan uit die volgende:
2014 Kalender (vakansie dae het sirkels om)
Kurrikulum Beplanning - Hierdie kan jy gebruik om jou koste beraming te doen wat jy vir daai betrokke jaar gaan aankoop en deur wie.
Kurrikulum Besonderhede - Hierdie is 'n meer indiepte kyk na wat jou kurrikulum of boek behels en wat jy ekstra benodig om dit te kan volg.
Lees Register - Wat die kind alles gelees het word daarop geskryf.
Weeklikse Les Beplanning - 'n Kort opsomming van die basiese oorsig hoe jou week gaan lyk.
Daaglikse Les Plan - Hierop kan jy in meer besonderhede jou daaglikse plan skryf vir die vakke. 
Eenheid studie beplanning - Net 'n basiese blad wat vir jou 'n vinnige opsomming kan gee van wat jy beplan en wat jy benodig.

Hier onder kan jy 'n voorbeeld van 'n paar bladsye van die beplanner sien.


Voorbeeld van die beplanner se bladsye

Laai die beplanner HIER af.

Ek het gou 'n paar voorbeelde gemaak om vir julle te wys hoe dit ingevul kan word. Druk soveel van een bladsy uit soos jy benodig.

Die Kurrikulum Beplanning bladsy gebruik jy om jou lys uiteen te sit van al die boeke en toerusting wat jy benodig en waar jy dit aankoop. Hierdie lys help jou om rekord te hou van alle uitgawes wat jy aangaan ten opsigte van Tuisonderwys.
Kurrikulum Koste beraming en vir rekord doeleindes
Die bladsy Kurrikulum Besonderhede is daar om vir jou 'n meer indiepte kyk te gee wat in jou kurrikulum of boeke is. Dit moet per vak ingevul word. Jy kan ook daarop aanbring watter ekstra goedere jy benodig om jou program suksesvol te gebruik.
Kurrikulum Besonderhede meer in detail
Die Weeklikse Les Beplannings bladsy is 'n basiese kort opgesomde blad van jou week. Skryf net die kern bladsye en les nommer ens neer.

Weeklikse oorsig van jou beplanning
Die Daaglikse Les Plan bladsy kan jy meer besonderhede per vak gee wat presies jul op daardie dag gaan doen.

Daaglikse les planne volledig uiteengesit

Die Eenheid Studie Beplannings blad gee vir jou 'n basiese raamwerk om 'n eenheidstudie te beplan. Wat jou doel daarmee is en die boeke of bronne wat jy wil gebruik.


Eenheid studie beplanning


Ek stel voor dat beplanning nie gedoen word vir 'n spesifieke datum nie, dit los ruimte indien iets sou voorval en jul nie daai betrokke dag nie kan werk. Indien jul net 'n los daaglikse plan wil maak, los dan die week plan. Doen slegs per dag en skryf ook nie week nommer op nie. Indien iets sou voorval skuif jy net die dag plan een dag aan :)

Ek hoop dat hierdie bladsye julle sal help en dat julle dit nuttig sal vind. Laat weet my gerus wat julle hiervan dink.

Groete

Maryna

3 comments:

Anonymous said...

Sjoe, dit is baie mooi! Ek voel eintlik te skaam om my gekrap daarop aan te bring, maar dit is so nuttig en sal beslis help. Ek het mos ook my eie dagboek opgestel, maar noudat ek dit moet invul kom ek agter wat is regtig onnodig en wat kort nog. Ek dink jou beplanner sal beslis die leemtes vul.
Baie dankie.

Maryna Moolman said...

Ek glo net die basiese is maar genoeg, 'n mens kan maar nog aanvul soos nodig. Ek het 'n begin geskep vir die wat sukkel om te beplan. Laat weet maar as jy idees het van wat ek moontlik moet byvoeg ens :)

Unknown said...

Hello Maryna, ek begin DV 2020 my eeste een tuisskool (gr 1). Ek het omtrent rondgesoek op die internet vir 'n gratis tuisskool beplanner, en so bly om vanmiddag op joune aftekom. Enige kans dat jy die leer "editable" kan maak sodat ek die datums kan opdatdeer na 2020 toe?
Groete

Post a Comment