Monday 8 January 2018

Welkom 2018

Welkom in 2018. Watter nuwe avonture gaan die jaar vir ons almal in ons Tuisonderwys reis oplewer?

Groot verskoning vir die min inskrywings die laaste paar maande.

Vir diegene wat nuut is met die avontuur en ook by my blog, loer gerus rond. Daar is baie oulike bronne wat ek alreeds in Afrikaans oor vertaal het en ek hoop om nog nuwes te plaas.

My raad aan die nuwelinge: vat elke dag soos dit kom. Los die klokkie en horlosie, geniet elke dag en maak die beste van elke dag. Al kon jul nie in 'n dag vermag het soos wat jy dit beplan het nie, elke bietjie tel op die einde.

Aan almal wat Tuisonderwys, wat is julle doelwitte vir 2018? Vir my persoonlik met die laaste paar jaar wat my kinders oor het, beoog ek om werklik dit hul beste jare te maak. Om meer gefokus te wees en dat hul eendag kan terug kyk en vertel hoe ongelooflik die reis was.

Deel gerus jul drome en doelwitte.

Groete

Maryna

2 comments:

Unknown said...

Goeie more Maryna, Ek wil hoor of jy my dalk kan help ek doen tuis onderig vir die eerste keer met my dogter sy doen die jaar graad 10 en ek weet nie hoe om 'n daaglikse rooster uit te werk nie. Ons is by Impak en ek moet alles self doen so ek wonder of jy my kan help haar vakke is as volg: Afrikaans, English, Wiskunde, Fiesiese wetenskapp, Lewens wetenskap, Lewens oringtering en Besigheids kunde. Groete Lida.

Maryna Moolman said...

Hallo Lida,
Ek sou voorstel dat jy eerstens kyk na sperdatums. Wat moet wanneer klaar wees en in wees. Dit sal 'n goeie beginpunt wees om te bepaal wanneer jul wat moet voltooi het.
Daarna sou ek voorstel dat jy kyk hoeveel hoofstukke/bladsye die boeke uit bestaan. Kan jy dit opdeel in lesse/hoofstukke. Hoeveel dae/weke gaan jul werk. Doen 'n los beraming van wat jy per dag wil doen. Los ruimte in vir die onvoorsiende soos as iemand siek is ens.
Wiskunde en tale, elke dag. Wetenskappe, LO en Besigheidskunde:weereens kyk hoeveel werk jul moet deur werk. Indien moontlik kan jul een van die vakke per dag doen en dan afwissel met die volgende vak die volgende dag ens. As die werklading te veel is, kan jul of 'n hele hoofstuk/les deurwerk (so dit 'n langer les maak) om net een so 'n vak 'n dag te doen. Of jy gaan dit moet opbreek en kyk watter twee jy bv saam kan doen op een dag. Soos bv Lewens Wetenskap en Fisiese Wetenskap se werklading sal te veel wees om in een dag saam te doen. (Maak ek sin?)
Dit is belangrik om nie deur die werk te hardloop om net alles klaar te kry nie, dit is belangrik dat jou kind die werk geniet en onthou.
Ek hoop dit help.

Post a Comment