Monday 14 March 2016

Nie volgens plan

Ek het hierdie jaar behoorlik uitgewerk vir ons en het geweet daar sal moontlik tye wees wat dinge net nie volgens plan verloop nie.

Verlede week in nood moet Makayla by 'n hospitaal kom wees haar Blindederm wat moet uit. Dit was 'n taamlik traumatiese ervaring, nie net vir haar nie, maar vir ons ook. Die feit dat ons na 'n staatshospitaal moes gaan was beslis nie wat ek vir my kind wou gehad het nie. Ek het heeltyd myself blameer en skuldig gevoel omdat sy daar moes wees en dat ons nie vir haar beter kon doen nie. Die realiteit is egter dit wat dit is, as jy nie anders kan nie, kan 'n mens nie. Sy is Vrydag ontslaan en herstel goed by die huis. 

Intussen is Matthew ook nog siek met griep en mangelonsteking. 

Ons vat nou maar die week ook af. Ons sal moontlik in die vakansie werk. Dit is seker nie 'n moet nie, maar daar sommige dinge waarby ek graag sou wou hou. Op die stadium gaan ons dit maar vat soos dit kom, dag vir dag.

Om eerlik te sê is ek baie uitgeput. Die enigste dag wat ons nie op en af ry vir een of ander iets nie, is op 'n Saterdag. Elke dag is besig, sport, jeug, woordskool ens. Alhoewel ek fisies moeg is, is dit tog eintlik 'n groot voorreg wat ons het dat ons kinders so betrokke kan wees met die dinge van die Here (wat natuurlik meeste van ons tyd in besit neem). Dink nie daar is enige iets wat 'n ouer se hart blyer maak nie.

As jy deur 'n tyd gaan van moeg of nood, staan terug en neem 'n breuk. Dit is ok! Regtig dit is! Onthou 'ons is tot alles in staat deur God wat ons krag gee'

Groete

Maryna

1 comments:

Anonymous said...

Siestog, hoop Makayla en Matthew is gou weer op die been. Ek stem saam met jou, vat 'n breektyd. Ons is in dieselfde bootjie dat ons elke liewe dag uitgaan vir sport/groep, en dit raak regtig uitputtend. Ek is so bly dit is einde van die termyn sodat die buitemuurs darem stop vir twee weke.
Aangesien ons net 2 ure 'n oggend werk, sal ons nog aangaan met skoolwerk.
Sterkte daar.

Post a Comment