Friday 15 January 2016

Boekloer: Kominpas met Afrikaans

Kominpas met Afrikaans is werklik 'n handige boek.

Dit is saamgestel deur Onderwysers vir Graad 4 tot 7. Daar is 'n huistaal en tweedetaal uitgawe van die boek beskikbaar.

Hierdie is een van daai wat ek glo, 'n moet boek. Die boek dek 'n goeie basis van taalwerk. 

Dit dek onder taalleer; alfabetisering, woordeboekgebruik, klankleer, spelling, hoofletters en lettergrepe, woordvorming, woordsoorte, sinsleer, betekenisleer, woordeskat en afkortings.

Dit dek ook leesvaardigheid, letterkunde - prosa en poësie.

Onder is voorbeelde uit die boek.

Leestekens

Intensiewe vorme

Lydende en Bedrywende vorm
 Die leer van Afrikaanse taalwerk toegepas word uit leesstukke. Jy kan self van die Bybel gebruik maak. Ek stel voor om altyd eers een konsep op 'n slag bekend te stel en later aan te gaan sodra die kinders dit volkome verstaan. Maak seker hul hou aan hersien.

Hier is kaartjies wat ek gemaak het vir woordsoorte, opgesom in 'n neutedop.

Jy kan Kominpas aankoop deur Takelot.com.

Groete

Maryna

4 comments:

Anonymous said...

Op my wenslys. Baie dankie vir hierdie nuttige Boekloer artikels.

Maryna Moolman said...

Ek hou baie van die boek, veral omdat dit so kleurvol is.

Unknown said...

Hi Maryna...sjoe, daar is soveel Afrikaanse opsies...! Ek kyk na piekfyn Afrikaans, na Afrikaans sonder grense en 15min Afrikaans? Hoe besluit mens!?
Groete Lelani

Maryna Moolman said...

Hallo Lelani, dit hang na na wat jy werklik soek? Daar is regtig oulike boeke.
Hierdie is slegs my eie persoonlike voorstel, die besluit lê egter by jou wat jul wil gebruik.
Afhangende van jou kinders se ouderdom, sou ek 15min Afrikaans voorstel en daarna Sinne wat sing. Jy kan aanvul met ekstra lees. As jou kinders nog jonger is sou ek voorstel vir fondasie kyk na iets soos Omvattende Afrikaans of van Leer Afrikaans 123 se werk. Dan volg op met 15 Minuut ens.
Ek weet daar is nou baie ander produkte ook, ek het egter nie alles onder oë gehad nie.

Post a Comment