Monday 15 June 2015

Nuwe hoofstuk

Ons is die laaste paar weke stadig maar seker besig om al ons laaste besittings in te pak. 

Wel eintlik kan ek nie regtig sê stadig nie want meederheid is al weke gelede gepak. Bokste staan die huis vol en dit lyk behoorlik woes.

Ons verhuis die 25ste na ons eie huis. Ons eerste huis wat ons eie is. Dit is natuurlik my (ons) grootste droom wat waar geword het. Na baie jare se bid het dit uiteindelik waar geword.

Ons is al meer as 7 jaar in Durban (area) en het al menigte kere getrek waarvan ons verlede jaar in 3 verskillende huise gewoon het. Die trek na ons eie huis is absoluut 'n nuwe hoofstuk in ons lewens.

Ons het uiteindelik 'n holte vir ons voet, 'n tuiste, 'n plek waar die kinders kan weet daar is altyd vir hul heenkome.

Ek sien uit na die nuwe hoofstuk. God is so goed vir ons, elke dag kan ons net vir Hom dank vir al die seëninge wat Hy oor ons bring. 

Hou altyd aan bid en glo...God antwoord op Sy tyd!

Groete

Maryna

3 comments:

Anonymous said...

Ek is so bly vir julle! God is goed ja, en ons moet Hom vertrou. Sterkte met die trek en geniet die nuwe huis!

Unknown said...

Ek is saam met julle opgewonde, Maryna. Ek volg al 'n ruk lank jou blog, en weet julle sien al lank hierna uit. Geniet dit.

Maryna Moolman said...

Dankie vir die inloer dames ek waardeer dit baie.

Post a Comment