Wednesday 12 February 2014

Kinder Kreatiwiteit

My kinders geniet dit baie om goed te maak. Makayla sal stil verdwyn en besig wees om iets te skep. Matthew sal gewoonlik eerder teken.

Hier is 'n paar goedjies wat hulle onlangs gemaak het.

Makayla het hierdie stadtoneel gemaak uit 'n ou boks wat sy opgeknip het. Een deel is bo die ander geplak en geverf om dit 'n 3D aansig te gee.

Makayla se stadtoneel




Op die Tv program Art Attack het Makayla gesien hoe hulle 'n boks speletjie maak. Sy het muurtjies gemaak met koerant. Die koerant het sy opgeskeer en oornag in water laat lê. Die volgende oggend het ek die water vir haar uitgedruk en sy het die koerant verder in stukkies gemaak. Sy het die koerant met gom gemeng en die muurtjies gevorm. Dit vir 'n paar dae laat staan om droog te word en toe geverf. Die blou balletjie aan die regterkant in die middel beweeg tussen die muurtjies om by die gaatjie regs onder in die hoek uit te gaan.


Makayla se speletjie
Is dit 'n gaar eier op die stoel? Matthew het die nagemaakte eier gemaak met gom en verf. Hy het wit gom met verf gemeng en dit op 'n stuk plastiek gesit en dit 'n vorm gegee. Nadat dit heeltemal droog geword het, het hy die eiergeel op geverf. Die het hy ook op Art Attack gesien.


Matthew se nagemaakte kuns eier.
'n Nader kykie na die eier.


 Makayla het 'n boek by die biblioteek uitgeneem Die Sonskyndag Boek. Dit het allerhande kuns goedjies wat jy kan maak in. Hierdie was een van die items - 'n Sonvanger. Ons het nie al die benodighede gehad soos dit in die boek wys nie, maar sy het sommer haar eie weergawe daarvan gemaak.

Die boonste blink 'tou' het sy gemaak deur 'n stuk kombuisfoelie op te rol en te draai. Die blom het sy uit 'n papierbord gesny. Sy het kombuisfoelie in stukkies geskeur en opgerol om dit tekstuur te gee. Sy het die balletjies weer oopgerol en oor die papierbord getrek. Die binneste deel van die blom het sy ook foelie gebruik deur dit te rol en met kleefband vas geplak. Sy het die blomdele geverf en versierings opgeplak. Die toutjie onder het sy met kraletjies gemaak.

Makayla se Sonvanger
'n Naby kykie na die Sonvanger se blom.
Kinders hoef nooit niks te hê om te doen nie. Kry hul besig en laat hul kreatief raak.

Groete

Maryna

2 comments:

Anonymous said...

Dit is SO oulik! Makayla se boonste idee van karton op karton stadtoneel het my nou 'n idee gegee vir ons mense en lande studie. Wel die sonvanger ook, want ek dink dit was die Aztecs of 'n groep van Brasilië wat ook sulke behangsels gemaak het.

Het daar met die eier nie verf op die stoel agter gebly nie?

Ongelukkig in ons huis moet ek met hierdie kunswerk begin en dan sal die seuns kom sit om te help, hulle sal nie sommer self aangaan nie. Bring egter blokkies, karretjies, ens. te voorskyn, dan kan hulle weer bitter vinnig allerhande goed vir jou uit hul koppe uit bou.

Is dit nie wonderlik hoe elkeen sy talent gebruik nie?

Maryna Moolman said...

Het darem eers na die tyd die eier daar gesit, na dit heeltemal droog is. Dit is oulik om te sien hoe hulle leer en ontdek en elke dag groei.

Post a Comment