Friday 15 November 2013

Beplanning

Vir 2014 het ek besluit om bietjie meer beplanning te doen.

So beplan ek die hoe, wat en wanneer:

Die hoe en wat begin met 'n begroting van watter boeke vir die skool loopbaan benodig gaan word. Ek het vooruit beplan vir al die jare se beraamde kostes. Daar is 'n basiese raamwerk per jaar, alhoewel dit nie werklik onvoorsiende kostes insluit - soos daai "net gou hier by Bargain Books kyk" uitsappies nie.

Maar hoe is ook natuurlik wanneer wat gedoen gaan word. Ons probeer by 'n basiese skedule hou maar dit verander gereeld. Veral vir daai onvoorsiende dae wat iemand siek is of 'n kuier by ouma of 'n uitstappie iewers heen.

Ek het altyd probeer 'n dagboek en my rekenaar gebruik om op te stel wanneer wat gedoen moet word. Maar ek het daarteen besluit vir die komende jaar. Ek het op my Andriod Tablet rekenaar 'n oulike 'app' Homeschool Helper. Dit is ook beskikbaar vir iPad. Ek sal nog 'n volledig pos inskrywing van die 'app' doen.




Sien 'n video hieronder van hoe dit werk.






Lesse uit boeke word gedoen deur eenvoudig van voor na agter deur te werk. Dit sluit in enige iets van werkstukke wat gedoen moet word of iets wat ons uit 'n nie-fiksie en fiksie lees.

Vir boeke wat 'n ietsie ekstra nodig het, kyk ek eers wat behandel word en dan maak ek 'n lys van ander boeke wat ons ook moet gebruik en besoek die biblioteek as ons dit nie het nie. Dit beteken wel meer voorbereiding van my kant af.


Ek maak ook baie gebruik van die internet en sy hulpmiddels.

Die wanneer van die beplanning strek gewoonlik oor 'n periode. Ek probeer om die basiese algemene beplanning een keer te doen. Maar soos ons uit nie-fiksie boeke werk, word beplanning weekliks en soms daagliks gedoen.

Ek hou daarvan om te weet 'waar' ons is en 'waarheen' ons beweeg. Ek hou nie daarvan om soos 'n hoender met 'n af kop rond te hardloop en soek na goed. My kinders moet weet dat ek in beheer is. Dit help ook dat hulle nie onseker is oor wat aangaan nie.

Dit is maklik om te beplan, maar om daarby te bly is natuurlik iets heeltemal anders.

Beplan jy? Deel jou insette.

Groete

Maryna

0 comments:

Post a Comment