tag:blogger.com,1999:blog-3652079272794112742.post6805195546854521507..comments2024-03-05T11:08:39.081+02:00Comments on Hart van die Huis: Wat regverdig kurrikulum kostes?Unknownnoreply@blogger.comBlogger3125tag:blogger.com,1999:blog-3652079272794112742.post-33459175107642338672017-07-06T16:28:13.633+02:002017-07-06T16:28:13.633+02:00Dankie vir die inloer Elize en Erika.
Elize, daar...Dankie vir die inloer Elize en Erika.

Elize, daar is seker nog baie produkte waarvan ek nie bewus is en wat ek ook nie hier genoem het nie. Ek beoog om 'n lys saam te stel van alles deur plaaslike Tuisonderwys ouers.

Erika,baie waar wat jy noem. Op die einde van die dag is ons kinders ons motivering en ons grootste ondersteuners. Alle sterkte met jou produkte ook.Maryna Moolmanhttps://www.blogger.com/profile/13158425530806084808noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-3652079272794112742.post-64807538907020461512017-07-06T11:24:27.992+02:002017-07-06T11:24:27.992+02:00Dankie Maryna dat jy dit so mooi uiteen sit. Met s...Dankie Maryna dat jy dit so mooi uiteen sit. Met soveel opsies vir boeke en kurrikulums is dit soms moeilik om te kies wat reg sal wees vir jou kinders.
Maar wanneer iets deur 'n Suid-Afrikaner geskryf is, en spesifiek vir tuisonderrig in hierdie land, dan weet mens die hart van daardie werk is waar jou hart ook lĂȘ: jou kinders se opvoeding. Kurrikulums moet nie slegs gekies word op grond van prys nie, maar eerder volgens dit wat die program vir jou kind kan beteken.
Iets wat wonderlik vir 'n ouer/mamma lyk, is dalk net nie so wonderlik vir die spesifieke kind vir wie dit aangeskaf word nie.

Laastens, dit is net wanneer mens iets self doen (soos om 'n kurrikulum op te stel) dat mens regtig besef wat so 'n projek behels. Vir baie van ons wat dit doen, het dit begin met iets wat ons vir ons eie kinders opgestel het. Maar omdat daar 'n behoefte daaraan is, maak ons dit wat ons 'ontdek' het beskikbaar vir ons mede-tuisskolers, met die hoop dat ander kinders net soveel genot en nut daaruit sal put soos wat ons eie kinders het.
Eindelose ure en energie word spandeer om so iets op die been te kry, en die ondersteuning van die gemeenskap maak hierdie werk net soveel makliker - ons is immers almal in dieselfde boot met tuisonderrig: kwaliteit opvoeding met vryheid om die kind se potensiaal te bereik.

So, BAIE DANKIE vir jou skrywe om ouers die insig te gee dat 'n boek nie net 'n hopie papiere is wat gebind is nie - dit is iemand wat ure sit en hulself in daardie blaaie inskryf, al hul passie, energie, kennis en ervaring. Die kind sit dan elke keer by hierdie leermeester en werk, elke keer as hy daardie boek oopmaak. Om boeke te kies wat vir jou kind WERK behoort die grootste oorweging te wees met kurrikulums aankoop, en om raad te kry hieroor by mense in dieselfde boot is 'n goeie begin.Anonymoushttps://www.blogger.com/profile/06763779264140795150noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-3652079272794112742.post-7516424652502977952017-05-18T10:36:42.092+02:002017-05-18T10:36:42.092+02:00Dit is uitstekend dat ouers na vore getree het en ...Dit is uitstekend dat ouers na vore getree het en hierdie kurrikulums opgestel en beskikbaar gestel het vir ons.

Ons het egter nog meer sulke ouers nodig, wat miskien as (vorige) beroep gespesialiseer het in rigtings soos die wetenskappe, aardrykskunde/geologie, geskiedenis (alhoewel die professors en geleerdes hier in Suid-Afrika 'n goeie werk gedoen het met boeke oor Suid-Afrikaanse geskiedenis), wiskunde, ens.

Watter ander rigtings is ook al gedek deur Suid-Afrikaanse ouers? Ek dink daar is verskeie produkte oor kuns/kunstenaars?ElizevdMhttps://www.blogger.com/profile/18004283206000942106noreply@blogger.com