Die dag het aangebreek en ons amptelike eerste dag van 'skool' 2015 skop af.
Ons program is vol en die kinders is gretig (lekker).
Ek het baie planne vir die jaar en baie nuwe lekker hulpmiddels wat ek besig is om te vertaal en te maak. Hou die spasie dop vir al die nuwe dinge.
Mag almal 'n vreugdevolle Tuisonderwys jaar hĂȘ. Mag jou kinders uitblink en jou voete onder jou uit uitslaan in hul vordering of ontdekking van nuwe talente.
Lekker leer (ja ma leer mos steeds saam :) )
Groete
Maryna
Alle voorspoed, maar soos ek julle ken, gaan julle dit gate uit geniet en ons 'n ding of twee leer!
ReplyDeleteDankie Elize, selfde vir julle en almal.
ReplyDeleteHoop julle het sommer 'n wonderlike jaar Maryna. Ons begin so bietjies-bietjies, ek voel nog nie gereed en het nog nie alles reg nie maar het darem al weg gespring.
ReplyDeleteHallo Esther, dankie selfde vir julle. Vat dit dag vir dag. As iets nie heeltemal werk soos jy gehoop het nie, haal diep asem en probeer maar weer op 'n ander dag. Sterkte :)
ReplyDelete