Pages

Tuesday 24 October 2017

Oop brief vir die veterane

Dit is ongelooflik om te sien hoeveel mense daar nou is wat Tuisonderwys of oorweeg om te Tuisonderwys vandat ons begin het.

Net soos ons begin het, het enige ouer baie vrae en navorsing wat hulle doen. Met die vinnige lewe waarin ons vandag lewe is dit soveel makliker om vinnig antwoorde op Facebook groepe te ontvang van soveel verskillende ouers.

Daar is nou al baie veteraan moeders. Diegene wat al meer as 7+ jaar hul kinders Tuisonderwys. Dit is gewoonlik hulle na wie nuwe ouers graag draai vir raad en advies.

Ek was onlangs in 'n situasie wat my vir die eerste keer so laat skaam het om myself 'n Tuisonderwys moeder te noem. 'n Dame wat navorsing doen oor Tuisonderwys, was so aangeval op 'n Facebook groep dat ek wonder of sy dit nou ooit eens gaan oorweeg. Hierdie was 'n plaaslike dorp groen, nie eens 'n Tuisonderwys groep nie.

In my poging om die dame te verwys na 'n instansie, word ek gebombadeer deur die ander veteraan moeder. Ek het die dame persoonlik probeer kontak en sy het my dood eenvoudig geblok. Die kersie op die koek, amper twee dae later kom daar iemand anders te voorskyn wat my uit my sokkies uit vloek. Dit alles net omdat ek iemand verwys het na 'n plek.

Ek Tuisonderwys nou amper 9 jaar. In my lewe het ek my nog nooit so geskaam om eens deel te wees van die Tuisonderwys beweging nie. Hierdie vrou wat haar soos 'n vark op sosiale media gedra het, staan as 'n bekende onder die Tuisonderwys gemeenskap in ons dorp. Dieselfde dame wat my en ander aanval en van dinge beskuldig doen inteendeel die ding wat sy uitwys as onwettig.

Dit is die plig van 'n veteraan of enige ander Tuisonderwys moeder om op 'n mooi manier ander te help. Vandag is daar so baie opsies ens dat dit maklik oorweldigend kan wees vir enige persoon wat Tuisonderwys oorweeg.

Wie gee ons veterane die reg om ander 'af te skiet' en soos 'n buffel op te tree. As jy iemand is wat geirriteerd raak oor dalk dieselfde vrae oor en oor. Moet eenvoudig nie op plasings kommentaar lewer nie, lees verby en gaan aan met jou lewe.

Tuisonderwys kry reeds baie aanvalle, ons het werklik nie nog nodig dat ouers in opstanding met mekaar raak nie. 

Elke persoon het hul eie siening en jy kan nie jou siening en wat vir jou werk soos 'n formule ook op ander afdruk nie. Indien jy ander wil help en raad gee, doen dit op 'n mooi manier. 

Ons, of aldan ek is daar om mense by te staan en te help. Met graagte en met liefde ;) Vra jouself dit, waar pas jy in? Hoe sien die gemeenskap jou? Jy mag dalk dink jy beweeg onder die rader. Maar sodra jy 'n lelike woord op sosiale media plaas, word jy gebrandmerk en 'n beeld word van jou geskep.

Wees die Tuisonderwys ouer op wie jou kinders kan trots wees.

Groete

Maryna

4 comments:

  1. Ai Maryna, dit is skandelik. Mens sou hoop dat met ouderdom, kry mens meer wysheid, en dit om te weet wanneer om stil te bly en hoe om insig te hĂȘ waar ander vandaan kom. Maar dit is duidelik nie die geval met baie nie. So jammer oor die ontnugterende.

    ReplyDelete
  2. Ai, gemoedere loop maar hoog met die nuwe voorgestelde wetgewing. Ek het ook agter gekom voornemende ouers weet nie meer waarheen nie. Mense deel soveel raad uit en dis of so baie skielik probeer witbroodjie soek met die departement.

    ReplyDelete
  3. @thezimans is hartseer dat mense so reageer.

    @lomi stem saam met jou.

    ReplyDelete
  4. Dis bitter jammer dat die nou gebeur het. Ek stem volkome saam dat mense hul woorde moet tel en twee keer dink voor hulle negatief antwoord. As gevolg van onder andere sulke optredes in die verlede het ek stadig maar seker begin onttrek van sekere Tuisonderwys groepe op Facebook oor die laaste twee-drie jaar, want ek wil nie met sulke onbeskofte, ongemanierde mense geassosieer word nie.
    Mens kry meer uitgerig met heuning as asyn.

    ReplyDelete