Ek het 'n stel 'blokkies' saamgestel wat afgelaai kan word.
Maak so:
Druk die bladsye uit van jou keuse - inkleur of volkleur (11 bladsye in die stel) - verkieslik op karton.
Die voorkante is die een kleur blokkie. Die agterkant is die met die kleiner donkerder blokkie binne in.
Na dit ingekleur is/indien jy die volkleur aflaai volg net die stappe verder, knip die stroke van mekaar en plak dit rug teen rug. Jou blokkie stroke gaan dus 'n voor en agterkant hĂȘ.
Lamineer dit om te verseker dit hou baie lank.
Dit kan maklik op 'n witbord gebruik word, sit net bietjie wondergom agterop.
*Die eenkleur kant voor is natuurlik plus (+) en die met die kleiner blokkie binne, die donkerder deeltjie is minus (-).
Daar is twee weergawes. Die eerste een kan jy self inkleur.
Jy kan dit gratis aflaai en gebruik deur op die skakels bo te kliek self inkleur / volkleur.
Vertrou dit sal nuttig wees.
Lekker leer.
Groete
Maryna
No comments:
Post a Comment