Dit is 'n pragtige groot volkleur boek. Dit bestaan uit die volgende afdelings (altesaam 360 bladsye):
Ruimte: Die Heelal, Ruimteverkenning
Aarde: Planeet Aarde, Tektoniese Aarde, Die Aarde se bronne, Weer, Vorming van land, Aarde se Oseane
Natuur: Hoe lewe begin het, Die lewende wêreld, Ongewerweldes, Werweldiere, Geheime van oorlewing
Menslike Liggaam: Basiese Liggaamsfeite, Aandrywing van die liggaam, In beheer, Lewensiklus
Wetenskap: Materie, Kragte, Energie, Elektronika
Geskiedenis: Die Antieke Wêreld, Die Middeleeuse Wêreld, Die Era van Ontdekkings, Die Moderne Wêreld
Dan is daar ook agter in die boek, naslaanbronne en 'n woordelys.
Hieronder is voorbeelde uit die boek om vir julle te wys hoe dit lyk.
Voorbeeld uit die gedeelte oor Soogdiere |
Voorbeeld uit die gedeelte van die Skelet |
Voorbeeld uit die afdeling oor Materie |
Voorbeeld ut die afdeling oor Die Middeleeuse Wêreld |
Die Ensiklopedie van Kennis kan maklik as 'n steunboek gebruik word en nog meer lesse kan om 'n onderwerp uitgewerk word om nog dieper daarin te delf.
Ek beveel die boek hoogs aan vir almal.
Lekker lees en leer.
Groete
Maryna
Pragtige boek.
ReplyDelete