Hier is 'n paar goedjies wat hulle onlangs gemaak het.
Makayla het hierdie stadtoneel gemaak uit 'n ou boks wat sy opgeknip het. Een deel is bo die ander geplak en geverf om dit 'n 3D aansig te gee.
Makayla se stadtoneel |
Op die Tv program Art Attack het Makayla gesien hoe hulle 'n boks speletjie maak. Sy het muurtjies gemaak met koerant. Die koerant het sy opgeskeer en oornag in water laat lê. Die volgende oggend het ek die water vir haar uitgedruk en sy het die koerant verder in stukkies gemaak. Sy het die koerant met gom gemeng en die muurtjies gevorm. Dit vir 'n paar dae laat staan om droog te word en toe geverf. Die blou balletjie aan die regterkant in die middel beweeg tussen die muurtjies om by die gaatjie regs onder in die hoek uit te gaan.
Makayla se speletjie |
Matthew se nagemaakte kuns eier. |
'n Nader kykie na die eier. |
Die boonste blink 'tou' het sy gemaak deur 'n stuk kombuisfoelie op te rol en te draai. Die blom het sy uit 'n papierbord gesny. Sy het kombuisfoelie in stukkies geskeur en opgerol om dit tekstuur te gee. Sy het die balletjies weer oopgerol en oor die papierbord getrek. Die binneste deel van die blom het sy ook foelie gebruik deur dit te rol en met kleefband vas geplak. Sy het die blomdele geverf en versierings opgeplak. Die toutjie onder het sy met kraletjies gemaak.
Makayla se Sonvanger |
'n Naby kykie na die Sonvanger se blom. |
Groete
Maryna
Dit is SO oulik! Makayla se boonste idee van karton op karton stadtoneel het my nou 'n idee gegee vir ons mense en lande studie. Wel die sonvanger ook, want ek dink dit was die Aztecs of 'n groep van Brasilië wat ook sulke behangsels gemaak het.
ReplyDeleteHet daar met die eier nie verf op die stoel agter gebly nie?
Ongelukkig in ons huis moet ek met hierdie kunswerk begin en dan sal die seuns kom sit om te help, hulle sal nie sommer self aangaan nie. Bring egter blokkies, karretjies, ens. te voorskyn, dan kan hulle weer bitter vinnig allerhande goed vir jou uit hul koppe uit bou.
Is dit nie wonderlik hoe elkeen sy talent gebruik nie?
Het darem eers na die tyd die eier daar gesit, na dit heeltemal droog is. Dit is oulik om te sien hoe hulle leer en ontdek en elke dag groei.
ReplyDelete