Pages

Monday 28 October 2013

Wetenskap Sentrum

Kwa-Zulu Natal Science Centre

Legkaart van Suid Afrika se Provinsies

Hierdie wonderlike plek is binne Gateway Winkelsentrum net langs die bioskoop op die boonste vloer. Verskeie wetenskap eksprimente wat hulle kan probeer en dinge wat hul kan bou. 

Leer op 'n interaktiewe manier

Wat vir my lekker is hier is dat die plek vir kinders is. Hulle mag aan alles vat en peuter, alles probeer, in mekaar pas en bou. Hierdie is 'n moet besoek. Maak jou gereed vir 'n paar uur van ontdek.

Daar is ook 'n mobiele planetarium. Jy lĂȘ op jou rug en bekyk die sterre en planete in 3D. Daar is 'n video wat wys oor die dae van die Dinosourusse. 


Kostes is R35 per kind en R30 per volwasse . 'n Groep van 4 en meer betaal R30 p/p. Sien hul webblad HIER vir meer inligting.

Groete

Maryna

No comments:

Post a Comment