’n Geruime tyd terug was daar op die Tuisonderwys in
Afrikaans groep gevra hoekom gebruik van ons ouers Engelse Kurrikulums om ons
kinders te leer. Is dit wat in Afrikaans beskikbaar is nie voldoende?
In my opinie is daar een reg of verkeerd nie. Elke gesin
gebruik wat werk vir hulle.
Hierdie is ons persoonlike ervaring: Ons het 'n Afrikaanse
Wiskunde program gebruik wat baie goed is MAAR dit gee nie genoeg fondasie nie
en ek het oorbeweeg na die Engelse program Math-U-See. (dit help ook vir die
tipe kind wat ek het)
Al die ander vakke gebruik ek Konos (Engels) maar vertaal
dit in Afrikaans en ons verwysings boeke wat ons uitneem is Afrikaans of ek
vertaal as ek nie 'n goeie Afrikaanse een kan kry.
Hoekom gebruik ek Engels? Die Afrikaanse goed in my opinie
is so vas aan die Dept se riglyne dat dit nie veel ruimte gee vir ekstra ontdek
en bietjie meer 'hands-on' leer nie. Ons gebruik nog steeds 'n goeie Afrikaanse
program vir Afrikaans.
Engels as vak gebruik ons 'n 1ste taal program van Amerika.
Hoekom? - omdat my kinders moontlik die GED/SAT gaan doen.
Weereens vra jy seker hoekom, wat is fout met SA se matriek?
Seker niks behalwe dat hul eendag so besluit en volgende dag so, omdat matrieks
verlede jaar van bakboord na stuurboord gestuur was met goed wat moes gedoen
word.
OOK om my kinders in te skryf by
'n formele verskaffer beteken dat ek R120000 (inskryf van Gr9-12) gaan moet
opdok op hul (al twee skryf saam) matriek te laat skryf (bereken teen hierdie
jaar se pryse) in vergelyking met ongeveer R20000 vir die GED en SAT (vir albei).
Ek weet geld is nie alles nie MAAR as my kinders moontlik verder wil leer gaan
ons na matriek geen fondse hê vir hul om dit te doen, daarom spaar ons eerder
daai ekstra geld.
Ek wil ook net dit noem ek was baie anti-Engels, tot ek
gesien het wat vir ons alles beskikbaar is. Ons kan nog steeds lekker goed leer
uit Engelse materiaal, die enigste verskil vir ons Afrikaanse mense is net
bietjie meer moeite van ma se kant af om te vertaal (en ons varkies bymekaar te
hou). Ja ek erken my voorbereidings ens vat tyd maar dit is die moeite werd.
Ek glo ’n mens moet ’n basiese plan hê. Wat alles beskikbaar
is vir tuisonderwys oorsee is ongelooflik en dit kan ’n mens geweldig
oorweldig. Besluit wat dit is wat julle wil doen en gaan so voort. As iets werk
vir julle moet dit NIE verander net om te verander nie.
Dit is ons rede vir die gebruik van Engelse materiaal.
Groete
Maryna
No comments:
Post a Comment